Mapungubwe mág maar!


Wees op die uitkyk vir witkruisarende.
zoommore

Wees op die uitkyk vir witkruisarende.

As jy gelukkig is, loop "n trop olifante onderdeur die brug.
zoommore

As jy gelukkig is, loop 'n trop olifante onderdeur die brug.

Ná sy tiende besoek aan die Mapungubwe- nasionale park deel Villiers Steyn sy vyf gunsteling-doendinge in dié jong park in Limpopo.

Besprekings
Sanparke 012 428 9111; www.sanparks.org
Mapungubwe-ontvangs 015 534 2014

1. Tuur oor 'n buurland


By die uitkykpunte bo die samevloeiing van die Limpopo- en Shashe-rivier is ’n skaduryke piekniekplek.
Aan die suidekant lei ’n voetpaadjie jou na die Pinnacle-dek wat uitkyk oor ’n groot, rotsagtige vlakte.
Aan die noordekant kronkel ’n steil voetpaadjie teen die heuwel uit tot by vier afsonderlike houtdekke. Elke dek het ’n unieke uitsig oor die samevloeiing van die twee riviere wat Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe skei. Wees op die uitkyk vir witkruisarende. 

 


2. Bekyk die woud van bo


Beleef die Limpopo-oewerwoud van die boomtop-wandeldek af.

In die somermaande is die koorsbome ’n goeie plek om na die skaars geelbektroupant te soek.
Spits jou ore vir sy kenmerkende harde krasgeluide. Vir etlike honderde meter stap jy met ’n paaltjiesbrug 4 m bo die grond deur die woud tot by ’n skuiling op die rivieroewer. As jy gelukkig is, loop ’n trop olifante onderdeur die brug! Die wandeldek is rolstoelvriendelik.


3. Steek kers op by 'n kundige


Nóg lekker maniere om Mapungubwe te verken:
’n Erfenistoer:
Besoek Mapungubwe-heuwel saam met ’n gids op ’n toer van drie uur.
(Koste: R115 p.p.)

Wildsrit:
Verken die park bedags of saans in ’n oop voertuig saam met ’n veldgids wat die omgewing ken. (Koste: R140 p.p.)

Oggendstap:
Ontdek die kleiner wonders van die veld saam met ’n veldgids. (Koste: R245 p.p.)


4. Soek die grootvoete


'n Kombinasie van klipkoppies en oewerwoud maak van Mapungubwe ’n luiperdparadys.

Die beste tyd om dié nagjagter te sien, is om voor sonop die koppies en plantegroei langs die rivierpaadjies te fynkam.

As jy vroegoggend eerste op die pad is, verklik vars spore watter diere dalk in die omtrek is. ’n Mens sien ook heelwat ander diere as jy stadig ry en die kans is goed dat jy van die park se olifante sal raakloop!


5. Sonbaai saam met die swartoogtiptolle


Die swembad van Mapungubwe se hoofkamp, Leokwe, lê tussen die sandsteenrotse.
’n Afdakkie sorg vir skaduwee en die houtdek is die ideale plek as jou bene ’n bietjie bleek is. As jy stil lê, kom swartoogtiptolle, rooirug- en klipstreepkoppies, blousysies en geeloogkanaries binne skinderafstand van jou af water drink.

’n Olifantbul het my eendag verras deur ’n klipgooi van die swembadrand af te wei. Slegs oornagbesoekers mag die swembad gebruik.


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek