Naweekplan: Ry fiets in die berge


Beginners is welkom. Vir minder ervare trappers het Eselfontein ’n platter roete deur ’n woud.
zoommore

Beginners is welkom. Vir minder ervare trappers het Eselfontein ’n platter roete deur ’n woud.

Hier is hutte met plek vir 20 mense op die plaas. Die bome dien as die ankerpale.
zoommore

Hier is hutte met plek vir 20 mense op die plaas. Die bome dien as die ankerpale.

Die grond en klippe knars onder die rooi Giant-bergfiets se wiele, modder spat blertse teen my bene. Die bome en bosse gly verby in ’n grysgroen waas. Doer ver lê die sneeu op die Matroosberg. ’n Mens voel die koue. Dit byt aan jou knieë en kom sit in jou kneukels. Maar ’n dringender probleem is die groot poel water wat voor my opduik. Ek sal moet deur. Al het ek meer as vyf jaar laas fiets gery... 

Die fiets se voorwiel sny ’n keep deur die poel en die water spat in ’n boog weerskante toe. Dis dieper as wat ek gedink het. My voete is nou sopnat. Die fiets wil-wil gly op die modder op die bodem, maar ek tráp.
En dan is ek deur… net om in die modder anderkant die poel vas te val.

Die Breërivier ontspring hier op die plaas Eselfontein, skaars 10 km buite Ceres.
Die Malherbes boer al sedert die negentiende eeu (ses  geslagte) hier, vertel Deon Malherbe, wat deesdae met vrugte, graan en suiwel boer. 
Deon ry ook vlieërplank, sneeuplank (sommer op die Matroosberg), motorfiets en natuurlik bergfiets. Dis hoekom hy ’n bergfietsroete op die plaas gebou het. 
“Ek het al as kind begin,” vertel hy. “Ek het self die roete ontwerp. Dit het 20 jaar gevat en ek wil hê
dit moet vir geslagte nog hier wees.” 

Hier is sowat 70 km se paaie om te trap.
Van bospaadjies tot paadjies in die Waboomberg, met roetes vir beginners sowel as daai manne met die nylonkuite. 
Dis groot pret, al was ek jare laas op ’n fiets en al is my spiere ná twee dae se trap séér. Gaan trap rustig en verken die plaas in jou eie tempo.

Weg sê: As die blote idee van trap jou laat hyg, kan jy ook jou motorfiets bring en die roete só verken.

Wat moet ek weet?


Waar? Ry deur Ceres van Worcester se kant af. Sowat 1 km anderkant die dorp is die Eselfontein-bordjie. Draai regs en ry 10 km aan.

Koste: Gratis. Bly in hutte met plek vir tot 20, vanaf R1 000 p.n., en ’n gastehuis met plek vir 10, vanaf R800 p.n. (4 mense).
(Pryse akkuraat in Oktober 2010)

Wat nog? Jy kan ook hier visvang.

Kontak: 082 389 4202 (Deon) of 082 658 5216 (Madéle); www.eselfontein.co.za


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek