Sesriem
Jy kan nie die Sesriem-canyon met die Visriviercanyon vergelyk nie, maar dit is ook besonders. Dié diep skeur digby die ingang na die Namib-Naukluftpark is ongeveer 1 km lank en 35 m diep.
Toerbusse stop by Sesriem se parkeerterrein en die toergroepe vat dadelik die pad af canyon-vloer toe. Maar wag eers voordat jy hulle blinde-lings volg. Stap links, stroomop, en gaan soek die plek waar die canyon begin.
Jy moet mooi kyk en fyn trap, want die sloot raak sommer skielik ’n skeur. Die een oomblik is dit net nog ’n harde rivierbedding, maar dan tuimel die Tsauchab se loop 6, 8, 10 m deur die verweerde konglomeraat in die donkerte af by ’n smal klipgeut.
Daarna kan jy die toeristeroete gaan stap en die diepere dele van die canyon verken. As jy tyd het (vroegoggend is die beste), ry verby die hoofparkeerterrein en vat die onduidelike paadjie wat verder stroomaf loop. Dit eindig naby die onderpunt van die canyon. Stap van daar af op na die dieper dele toe.
Waar: 4,5 km van die Sesriem-kampterrein af.
Verwante storie: Sossusvlei en Sesriem
Terug na Namibië | Terug na bestemmings | Terug na bo
Gelewer op 30 Desember 2010 | 19:18:43
Ek het Sesriem baie geniet maar graag my teleurstelling omtrent die Visrevier canyon met ander Weg lesers deel .Ek was begin Desember by die canyon en moes R190-00 ingangsfooi {3 volwassens} betaal.by Hobas. Eerstens was die pad tot by die eerste uitkykpunt so sleg jy kon skaars 40 KPU ry. Nuwe toilette by die eerste uitkykpunt was so vuil en vrot van die stank jy kon skaars asemhaal.Die paatjies langs die canyon suidwaarts was so sleg ek moes na so 2 kms omdraai.,Terug by Hobas kantoor kon NWR net se hulle is jammer oor toilete en slegte paaie.Ek dink NWR moet mens eers inlig oor toestand van diecanyon voordat jy betaal.
Gelewer op 2 November 2010 | 15:54:29
Middag Toast Ek weet nie na watter e-mail adres moet ek skyf as ek 'n brief het wat ek in die boek wil laat publiseer nie. Ek was by 'n vakansie oord die naweek en ek moet net my mismoë uitspreek.





















Kommentaar