Townofthemonth articles
Muskadel en springbokvel.
Een van die lekkerste klein dorpies in Suider-Afrika, het die reisskrywer T.V. Bulpin in 1970 oor Eshowe gesê. Dis vandag nog waar, skryf Jon Minster.
Yster word ster al eeue lank by Thabazimbi ontgin, maar die dorp het eers in die 30's ontstaan. Tog is die Bosveld nie al die jare nog nie getem nie, het Anim van Wyk agtergekom.
Baardskeerdersbos se hart lê in sy mense, het Cilnette Pienaar agtergekom toe sy dié Overbergse dorpie vir ’n paar dae besoek het
Die storie loop dat dinge begin roer op die Karoo-dorpie Richmond. Nee, hier’s nie ’n nuwe soort skaapdip nie, maar hier’s honderde boeke. Jon Minster gaan kyk.
Thomasrivier sal jy nie sommer op ’n kaart kry nie. Daar is egter groot planne vir dié piepklein Oos-Kaapse plaasgemeenskap. Jon Minster het gaan kuier.
Talle bekendes het op Wildernis afgetree en andere kom hier vakansie hou. Leon-Ben Lamprecht het gaan kyk wat die dorp vir gewone besoekers bied.
Danksy die Kowierivier kan 'n mens hier behóórlik vakansie hou.
Te veel toeriste ry net deur Keimoes op pad na ander plekke. Maar Maja Bezuidenhout het ’n paar lekker doendinge hier ontdek. Trek dus gerus volgende keer hier af langs die Oranjerivier.
De Rust se hoofstraat is skaars 'n kilometer lank; jy ry binne minder as 'n minuut deur die dorp. Maar dan mis jy een van die Klein- Karoo se mooiste plekkies, skryf Sarietha Engelbrecht.
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2